Al die gevoelens is okay …

Dit gaan uitstekend goed met Johan. In sy woorde: “Ek sal moet pille drink om kak te voel.” So daar het ek dit!

Is dit nou nie wonderlik nie? En gesels, gesels hy blykbaar met almal en elkeen het hom tot op datum vertel dis gladnie so erg nie. So nou vra ek … waar kom al die stories op die internet vandaan? Die flieks wat ons gekyk het? Is dit alles leuens om by almal ‘n helse vrees in te boesem? Ek weet nie … en dit laat my snaaks bemoerd voel.

Dit voel nou asof ek die fearmonger was terwyl alles ‘nie so erg’ is nie.

En na die gesprek wat ons gevoer het het ek net gelate geantwoord … ek is bly. Dit lyk dan asof hierdie alles ‘n ‘walk in the park’ gaan wees en dit is ‘n moerse verligting, want afterall het ek half aanvaar dat die oorgrootte verantwoordelik van die versorging (wat nou blykbaar net hier en daar ‘n pat on the back gaan wees – maar volgens die navorsing wat ek gedoen het – ‘n walk through the ports of hell gaan wees) op my gaan val, terwyl ek al die daaglikse verantwoordelikhede ook moet oorneem en my besigheid ook aan die gang moet hou. So ek is eindeloos verlig dat dit nie so erg gaan wees nie.

Soos die berader gister vir my verduidelik het – hierdie is soos ‘n rouproses – 5 fases. Ek reken ek het ontkenning geskip en gaan dalk ‘n rukkie in die woede fase wees. Ek is kwaad vir die wêreld. Dis nie ‘n tantrum gooi kwaad nie, dis so sluimerende gevoel hier in my binneste wat ek met ‘n ysterhand beheer. Elke keer wanneer ek voel die borrel op … dan haal ek diep asem en mantra myself daaruit.

Maar wat is dit wat my so kwaad maak?

Een van die grootste frustrasies – alhoewel dit ‘goed bedoeld’ is … die raad. My privaatboodskappe word oorval met mense wat raad gee. Soos – bly weg van suiker (as suiker die oorsaak was – sou elke tweede mens kanker gehad het – indien nie meer nie), gebruik dagga-olie (daar is nog geen bewyse van BETROUBARE BRONNE dat dagga enigsins kanker genees nie – alhoewel dit die simptome kan verlig, maar jy kan dit nie gebruik terwyl jy op behandeling is nie. Daar is geen skil, pit of super kos wat kanker gesond gaan maak nie. Mens kan nie enige medisynes of kosse eet wat ‘vrye radikale’ beveg terwyl jy op behandeling is nie – because that is defeating the object.

Dan … praat ek nie eers van mense wat allerhande middels aan my wil verkoop nie. Fokken los my uit.

My antwoord aan almal – dankie, maar ons vertrou ons onkoloog en verkies om die mediese oplossing na te volg.

Mense moet besef dat die woord ‘Kanker’ in dieselfde asem die woord ‘dood’ op die tafel gooi en die mense vir wie dit direk raak – soos die pasiënt en sy/haar naaste geliefdes, moet daarmee deel. Dit is ‘n traumatiese ondervinding – alhoewel mens besef dat die dood nie in alle gevalle ‘n gegewe is nie. Duisende mense word daagliks genees van kanker … en dit is die strooitjie van hoop waaraan mens vashou. Daarom werk sag met die mense se gevoelens.

Op die stadium van die geveg, na maande se uitmergelende soek na antwoorde en die uiteindelike diagnose, is my petroltenk leeg en ek ploeter voort op walms. Maar, solank mens een tree na die ander gee … al is dit hoe stadig en hoe onwillig … sal mens by die eindbestemming kom

So as jy ‘n koddige ronde kreatuur al brommende sien rondloop … don’t feed the animals … dis beter (op die stadium) om net te ‘SMILE AND WAVE’.

4 gedagtes oor “Al die gevoelens is okay …”

  1. Jammer ek lag, ons het ook die pad geloop van die allervreeslikste vertellings, van die se oom se tante se kind..bloedig en wreed… ek is dankbaar jul plaas jul in die hande van Onkoloog . My Boeta altyd vertel die Liewe Heer en die Onkoloog , altyd moeite werd om tesame die pad te loop. Ek wou net byvoeg.. ek word deesdae knaend rystoele aangebied ..met die RA belewenis op my skarniere… O die mensdom!! Ons dink aan julle . Mooi loop

    Like

  2. Jip, ek onthou ook die dae van die raad en die rate. Wat my EINTLIK gevang het was die tallose “positiewe denke” boodskappies. Ek kners nou nog op my tande as ek sulke boodskappies op facebook lees. Sterkte vir julle.

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s