Dis die klein jakkalsies skat …

Daar is ‘n gesegde wat lui – Dis die klein jakkalsies wat die wingerde vreet – wat vanaf gister by my opkom.

Iemand het vir my vertel dat – in die tyd wat ons ons pad deur die kankerdoolhof vind – gaan ek agterkom dat mense se kleinig(lik)hede my nie meer gaan aanstaan nie. Die klein goedjies soos, die skottelgoed moet nou gewas word of die wasgoed moet alles gewas wees ens ens.

Maar ek kom agter dat hierdie klein jakkalsies my meer en meer ontstel, want al wat ek dink is … wat gaan dit nou eintlik verander?

Is dit werklik belangrik hoe ons glo? Hoe ons ander mense sien? Wie rook … wie nie? Wie drink … wie nie? Wie knyp die kat in die donker … wie nie? Wie skop die ‘spreekwoordelike’ hond as hy by die kerk uitkom … wie nie? En ek besef, as die ander mense se dade nie ‘n impak op my lewe het nie, gaan dit van nou-af soos water van ‘n eend se rug wees. Want om vir iemand te verduidelik “Quite frankly my dear … I don’t give a damn” is opsigself ‘n moeilike dink om te verduidelik.

So, my ‘vir die volgende twee maande’ voorneme is om selektief om te gaan met dit wat ek my ore aan uinleen. As dit my nie opbou nie, dan hoort dit nie. As dit nie tot voordeel van my en my man is nie, ‘let it be’. As dit my nie plesier verskaf nie … daar is een woordjie daarvoor. As dit nie my direkte omgewing ‘n hupstoot gaan gee nie, kan dit iets anders gaan stoot.

You be nice to me, and I’ll be nice to you. You be shit with me – I’ll ignore you like the speed limit on an open road.

#DisAl

Advertisements

Een gedagte oor “Dis die klein jakkalsies skat …”

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s