Uitslae van PETScan

Geen verspreiding!!! Net die klein kakmakertjie in die keel. Dis goeie nuus … of is dit?

Dis amper soos wat ons vandag gekondisioneer word met kriminele aktiwiteite. Hoeveel keer hoor ons – wanneer daar by huise ingebreek word – “Dank Vader julle het niks oorgekom nie!?” So asof inbrake al so deel van ons geword het en ons dit as ‘n gegewe beskou en dankbaar moet wees dat die derduiwels darem net ons goed gesteel het en uitsonderlik geseënd is, omdat hulle nie haar of huid aangeraak het nie. Ek mis die dae toe inbrake nog voorblad nuus was. Toe dit nog ‘n nou-en-dan gebeurtenis was en die hele buurt in rep en roer geraak het oor dit. Nou raak ons net in rep en roer wanneer iemand fisies skade aangedoen word. Hartseer …

Jy kry mense wie se huise soos Fort Knox is – maar daar word ingebreek. Dan kry jy mense wie se huise oor geen veiligheidsmaatreëls beskik nie – en daar word by hulle ingebreek. Daar is nie vandag meer ‘n ‘waarborg’ dat jy en joune uitgelos sal word nie.

So is dit met hierdie monster wat my man se liggaan ingedring het. Uit die goedheid van mense se harte sê hulle … darem is dit goeie nuus. Ja, dit is goeie nuus en ek is bly … maar daai fokkertjie is steeds waar hy nie moet wees nie. Hy is ‘n ongenooide gas … ‘n inbreker … ‘n dief … en hy sit daar asof hy mens uittart. En dis nie enige ou behandeling wat van hom onstlae gaan raak nie. Hy het ‘n beplande aksie nodig. ‘n Span mense wat veg. Mense wat uit hoofkantoor moet toestemming gee vir elke sarsie grofgeskut wat gebruik moet word om van hom ontslae te raak.

En net soos die burokrasie in die wêreld waar boewe uitgeroei word alles terughou en verstadig … so is dit in die proses. Goedkeuring vir prosedures vat omtrent 2 weke … en wat anders kan jy doen as om te wag?

Maar ek is bly daar is net een kakmakertjie en dat hy nie medemakkers het nie … altyd iets om voor dankbaar te wees.

Dit gaan huidiglik goed met die wederhelfte. Dit is skielik asof hy 12 Vitamiene B12 inspuitings gekry het. Hy het soveel energie dat hy my skoon uitput LOL. Ek glo dit is oor die ‘introduction chemo’ wat die ding bietjie gekrimp het en my man darem nou half normaal kan asemhaal.

Vandag Parkrun ek, want ek kan mos nie net een malperd op ‘n slag opsaal nie …

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s