Laat hulle val waar hulle wil …

Dday het aangebreek. Die dag van ‘hare uitval’ het gister, op die wederhelfte se 63’e verjaarsdag, sy opwagting gemaak!

Die wederhelfte het mooi hare. Sag soos donsies, nie ‘n gryshaar in sig nie, so, hy was nogals trots op dit. Gister het ek hom trakteer met ‘n ete (let op dat dit meer vleis as enige iets anders was) en dit het darem die aandag afgetrek.

Maar vanoggend kon ek sien dit vat aan hom. Vir ‘n stonde het ek gedink … ek sal myne afskeer … ter wille van solidariteit, maar toe gaan lê ek op die bed tot die gevoel oorgewaai het. Gelukkig … die hare groei darem terug na die behandeling, maar dit bly maar ‘n emosionele slag, al het jy geweet dit kom. En dit is die ironie … mens weet wat kom, maar wanneer dit letterlik by jou binnekamer intrek, dan laat dit jou half asemloos van vrees.

Maar nie ek of hy is bekend as banggatte nie. Ons sal deurdruk.

Eindelik het ons nou ook vanaf die mediese fonds goedkeuring gekry vir die bestraling om te begin en glo dat dit binnekort gaan afskop.

My verjaarsdagboodskap aan hom gister …

My man …
Na soveel jare is woorde seker oorbodig. Want jy weet ek is net mens met ‘warts and all.’ Maar dat jy – partykeer onwillig en soos ‘n rebel – my vreemde maniertjies aanvaar, maak van jou ‘n hero. Want ek weet – al is ek die mees gematigste mens – is ek sekerlik nie maklik om mee saam te leef nie.
Al gaan ons nou deur ‘n moeilike tyd wil ek vir jou sê, geluk met jou verjaarsdag. You made is this far … die universe het sekerlik nog ‘n plan met jou, byt vas …
Dankie dat jy so positief is en jammer dat ek nie is nie. Maar iewers moet iemand ons ‘grounded’ hou … en ek is seker daai klein blikskottel. Maar weet … ek baklei nie met jou nie … ek baklei vir jou en saam jou.
Ek hoop dat die aaklige begin van die jaar jou enigste laagtepunt die jaar gaan wees en dat dit van hieraf net beter en beter gaan wees.
Ek wens jou net die beste in alles toe.

Jou vrou

2 gedagtes oor “Laat hulle val waar hulle wil …”

Lewer kommentaar