Ons almal dra ń masker

Om te sê ek is bang sou ń growwe mistasting van die waarheid wees.

Vandag het ek gevoel hoe voel “gripping fear” maar deur dit alles het ek, na die beste van my vermoë, dit probeer wegsteek agter ń masker van “all is well, smile and wave.”

Die proses om die bestralingsmasker te maak, was nie die probleem nie… die eintlike ding was toe daai masker “stark naked” daar lê … “I see masks of white … and red anger to”

Ek het dit gevoel kom. Dis soos ń vuishou in die maag… maar jy mag nie kreun nie. Dan die rippeleffek van die vuishou wat opkriewel in jou keel … maar jy mag nie kots nie. Jy voel letterlik hoe jou oë verander van oop en eerlik na oop en “deceitful” en jy probeer hulle verstar sodat die wat toekyk, nie die vrees kan sien nie. “I hear it call … for me and you”

Maar jy hou jou “pose” want jy kan nie opkrul en in ń bolletjie tragedie in die hoek gaan sit en wieg soos ń kind met ń vloermoer nie. “And I think to myself … what a shittyfied world.”

En soos ek probeer om dit alles te onderdruk hoor ek myself vra of ek die masker kan afneem. Natuurlik mag ek, word ek vriendelik aangemoedig. “The colours of the rainbow so faded in the room”

Toe is ons af in die gang wat skielik vir my gevoel het soos daai lang reguit pad deur die Karoo … eindelose lang swart gapende swart oppervlakte … pynlik netjies en reguit gekonstrueer oor ons dorre gemoedswoestyn. Terwyl ons daai gang stap voel ek hoe loodswaar my voete raak en in my gedagtes begin ek myself marsjeer soos ń drilsersant, “Link, regs, links, regs…”

My wederhelfte word weggelei vir sy beplanningskandering en ek voel soos ń vasgevangde dier wat met alle krag en mag wil losbreek. “I see myself roaming around, thinking, what the fuck should I do? ”

Na die hele proses is ons eindelik in die kar. Die wederhelfte het seker aangevoel alles is nie pluis in my boonste verdieping nie en het paar grappies probeer maak … maar ek het gesukkel om die lagspiere aan die gang te kry. En boonop het die onredelike vrees omgesit in woede wat ek skaars kon beteuel … en met suisende ore, hartkloppings en bewerasies het ons weer die huis gehaal sonder enige verdere moontlike skade veroorsakende uitbarstings … want ek leer myself – soos Pavlov se brakke – om beheer toe te pas. Elke keer as ek dit regkry dan vertel ek myself hoe awesome ek is … en hoe sterk … en formidabel … “And I think to myself … what a shittyfied world”

Advertisements

Een gedagte oor “Ons almal dra ń masker”

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s