Ons dress bietjie op…

Sy positiewe uitkyk inspireer my.

Dit is werklik waar dat moeilike tye die binnemens ontbloot. En ek hou van wat ek ontdek het … of eerder herontdek het. Want mens is geneig om te vergeet van daai goedjies wat gemaak het dat jy jou hart verloor, wanneer die lewe besluit om sy skewe klappe uit te deel.

Die dokter het my effe in die bek geruk oor my ongeduld en ek het dit gevat … want sy was reg. Maar wanneer mens die paadjie begin stap … Dan moet jy hoor: “Jy is ń fighter, jy sal oorwin.” En miskien het ek dit ń tikkie te ernstig opgeneem … maar dis hoe ek oorleef. Ek het gewig en ek gooi dit rond want dit laat my voel asof ek in beheer is. Ek sal wel die aftog blaas … tot volgende keer.

Hierdie naweek gaan ons bietjie jol by Bronkhorstspruit vir ń wegbreek voor bestraling begin. Bietjie rondhang en alles laat uithang om kragte op te bou.

Natuurlik pak ek vir hom sy kopdoek en oorbel in 😉

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s