Ek moet rustig raak …

Tantrums is nie mooi nie en ek is nie meer twee jaar oud nie.

Gister, na my mini-tantrum oor die water, het ek heel rustiger geraak toe hulle die skedule van Johan se afsprake vir my gee. Toe voel dit asof ek nou weet. Elke dag netjies uiteengesit en ek dink by myself … jy het nog geen geduld aangeleer nie … en ek het mos besluit – as daar een ding is wat ek uit die ervaring gaan leer – is dit geduld.

Wel, tot die 14de Maart moet Johan dus gaan vir bestraling, elke dag van die week wat dan Donderdae ook ‘n Chemo sessie insluit. Dit freak my uit aan die een kant, maar aan die ander kant, ten minste is daar nou uiteindelik ‘n plan en ‘n plan … het ‘n resultaat, en dit is waarheen ons oppad is.

Soos baie ander mense, is ek ook van die wat hospitale haat. Ek dink dis die een plek waar jy van jou menswaardigheid gestroop word en dit maak my kriewelrig, maar ek sal moet leer om dit te hanteer, ter wille van Johan. Want ek kan sien my tantrums ontstel hom meer en meer.

Iederwel, die pretjie van die wilgerboom is vir my verskriklik oulik (self geneem) en dit lyk soos twee wilgebome wat saamgesnoer is. En dit is hoe ek hierdie pad moet stap … saamgesnoer met my man en die buitefaktore wat hom gesond moet maak.

So my onderneming vir vandag en elke dag hierna … is … raak ‘n bietjie rustig.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s