Kanker is nie vir sissies nie …

Dit besef ek elke dag meer en meer.

Kyk daai ding oor die kop. Vir 20 minute mag hy nie ‘n spier verroer nie. Maar laat ek julle vertel, die dag wanneer hulle so ‘n ding oor my kop wil trek, hardloop ek weg. Ek voel klaar hoe trek my bors saam, hoe my pols begin jaag en sweet op my voorkop pêrel. Nope, so ‘n flippen kontrepsie is nie vir my nie. Dis genoeg dat ek ingehok moet word elke dag met ‘n ‘over shoulder boulder holder’ … ek sal dit net nie kan vat nie.

Dis waar wat ‘hulle’ sê. Dis moeiliker vir die ‘toeskouer’ (dis nou ek) as die persoon wat die stryd stry.

My wederhelfte het my getreat gister. Die beplanning was heeldag window shopping vir ‘n TV en Extender en kabels, maar ons het opgeëindig met skoene vir my en ‘n paar skryfbehoefte snuisterye vir hom voor die ‘moeg’ hom oorval het.

Toe gaan wroeg ons ‘Dominee Tienie’ deur in ‘n yskoue Kine … uiters simpel storie.

Ons het altwee daar besef. Wanneer hy goed voel, dan doen ons dinge. Wanneer hy begin sleg voel, gaan ons huis toe. Ons moet nie teen die prikkels skop nie, want hierdie prikkels … hulle skop terug.

My man is dapper … dis al.


Advertisements

2 gedagtes oor “Kanker is nie vir sissies nie …”

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s