Ondersteuning is belangrik … familie is belangrik

Alhoewel Johan van die garde is wat nie maklik emosie wys nie, is sy familie ongelooflik belangrik vir hom.

Daarom was die heerlik toe sy seun ons nooi om die dag saam met al Johan se kinders deur te bring by WawielPark.

Ons het altwee ons trippelskoentjies aangetrek, die kampstoele afgestof, ‘n vloeibare verversing gekoop en afgesit na die oord.

Hierdie was ‘n wonderlike geleentheid waar ons die ‘hypopharyngeal cancer‘ kon bespreek en wat van ons en hulle verwag gaan word.

Inligting en raad is gedeel en toe kon ons heerlik kuier. Alhoewel dit vir Johan baie uitputtend was en hy twee dae baie moeg was daarna, het dit hom goed gedoen om sy kinders en twee van sy kleinkinders te sien.

Net die wys van ‘Ons gee om’, sit mos weer die huppel in die stap.

Lewer kommentaar